• 13-15 High Street, Oudtshoorn, 6625Tel: (044) 2035400

Testimonials

Weerens baie dankie! Daar is n rede hoekom almal ek ek ken net goed praat van Klein Karoo Toyota.

Beste Groete Johan

 

Mense is so gou om te kritiseer, maar vergeet soms om dankie te se vir uitstekende diens ontvang. Getrou aan Toyota se naam kan ons maar net dankie se vir die wonderlike diens wat ons van die hele Klein Karoo Groep, Oudtshoorn ontvang het tydens herstelwerk aan ons voertuig. Dankie ook vir die vertroue wat julle on ons gestel het om sonder huiwering n alternatiewe voertuig aan ons beskikbaar te stel vir ons gebruik, sonder enige vergoeding. Met sulke diens kan n mens nie ander as om maar elke keer weer n Toyota produk te koop nie. ek het opgegroei met toyota produkte en ek kan nog goed die ou toyota stallion bakkie onthou wat ons lank as plaasbakkie gebruik het. n regte ou "kanniedood". ek kan maar net betaam dat daar min voertuie beter as n toyota is.

Groete en nogmaals dankie. Koos en Annalize

 

Sedert 1983 (aankope van 1ste Toyota) het ek n ononderbroke klient-verhouding met Klein Karoo Toyota Oudtshoorn. Voertuie aangekoop deur die bykans 30 jaar het begin met die cressida 2l, corolla 1.8, avensis 2l, rav 4 en nou n nuwe rav 2l GX. Graag wil ek hierdeur vir u HARTLIK bedank vir goeie diens, eerlikheid van u personeel en betroubaarheid van my Toyota produkte. Terugblik kan ek net se welgedaan. Dit was en is vir my steeds n besondere voorreg om met u te handel. Om net te dink 10,950 dae sonder dat ek een enkele dag gaan staan het, is voorwaar n buitengewone prestasie vir Toyota produkte. Deur die jare het ek ook n tazz aangekoop wat net so goeie diens gegee het. N pluimpie aan u Vader, vorige direkteure en alle personeel by u diensafdeling, onderdele en bemarkings personeel vir n goed gevestigde besigheid in n dorpie soos oudtshoorn. Dit vertel iets van u gesonde besigheidspraktyk. Okk aan die werktuigkundiges, die ouens wat my motor was en hulle wat my heen en weer vervoer het, n spesiale woord van dankie. Ek wil nie nae uitsonder nie, maar dankie aan almal se. Vraag is waarheen hiervandaan? ek gaan nou eers die Rav geniet en die toekoms sal leer. Ek voel soos familie wanneer dit by toyota kom. Sterkte en nogmaal baie dankie.

Groetnis Jurie Thysse

 

Graag wil ek hiermee my opregte dank oordra vir jul knap naverkoopdiens. Die lugversorger probleme van my polo is profesioneel aangepak en uitstekend herstel. Mnre Johhny Pansegrouw en Piet van Zyl was deurgaans betrokke en het uit hul pad gegaan om my behulpsaam te wees.

Voorsped en seenwense vir 2014. Koos Bezuidenhout